Laerskool Volschenk

Rugby

Laerskool Volschenk besit ‘n ryk rugbykultuur wat gepaard gaan met harde, hardloop rugby. Trots, respek en deursettingsvermoë is van die eienskappe wat ten toon gestel word op en vanaf die veld.  Die skool beskik oor twee volledige rugbyvelde en ‘n gesamentlike sportgrond vir Mini-rugby.

Die skool bied ook jaarliks die Super-Spar-Sporttoernooi aan waarby daar ongeveer 18 skole regoor die Wes-Kaap betrokke is.

Daar word gestrewe daarna om hoë gehalte afrigting by Volschenk te bied en daarom word kwaliteit afrigters betrek.