Laerskool Volschenk

Op 20 en 21 Julie het Laerskool Volschenk en Riversdal Superspar vir die sestiende keer, een van die grootse sportgeleenthede op die jaarlikse Riversdalkalender, by Laerskool Volschenk aangebied.

Daar was agtien Laerskole van regoor die Wes-, Suid- en Oos-Kaap betrokke by die dag wat gesorg het vir ‘n naweek waar uitstekende jong talent na vore gekom het en toeskouers gehalte-spel en die lekkerte en gasvryheid van Vollieland en Riversdal kon ervaar.

Hierdie naweek kan geensins plaasvind as dit nie vir uitstekende spanwerk is nie! ‘n Groot woord van dank aan André van Wyk van Riversdal Superspar,wat hierdie naweek geheel en al op sy skouers dra met ‘n borgskap waarsonder dit nie kan plaasvind nie.

Die OOV, braaispan by die steakete asook by Volschenk, personeel, ondersteunende ouers en leerders van Laerskool Volschenk vir hul astronomiese bydra tot die naweek, hul tyd, opofferings en maande se vooraf-beplanning om van dié naweek ‘n groot sukses te kon maak.

Laerskool Volschenk is voorwaar trots om hierdie sportgeleentheid jaar na jaar te kan aanbied en daarom dank ons, ons Hemelse Vader vir die groot voorreg wat ons gehad het om die Super Sparnaweek ‘n suksesverhaal te kon maak.

Hierdie jaar vind ons Sparnaweek plaas op 10 en 11 Julie.