Laerskool Volschenk

In januarie het die hele Vollieland saam met hulle ouers, die OOV en beamptes die heerlike reën trotseer en die jaar se besige sportkalender met ‘n suksesvolle kleure-atletiekbyeenkoms afgeskop.

Seeff Riversdal het vanjaar besluit om betrokke te raak by die dag en as hoofborg opgetree. ‘n Groot woord van dank en waardering gaan aan mnr. Willie Janse van Rensburg en me. Francelle van der Merwe.

Die blouspan het die klere atletiek hierdie jaar gewen en die rooispan het weggestap met die geesbeker. Volschenk se senior seuns het ook die massa atletiek gewen by die skou.