Skaak en Redenaars

Skaak

Skaak word deur ons skool as ‘n buitemuurse aktiwiteit aangebied. Dit bied leerders die geleentheid om afrigting te kry vanaf beginner tot provinsiale vlak.

Redenaars.

Sê jou sê en staan jou man. ‘n Spreker wat die kuns het om ‘n gehoor met sy woorde aan te gryp beïnvloed mense, bevredig hulle behoeftes en oorreed hulle aksies. Om gedagtes te kan verbaliseer sodat mense luister, verstaan en daarop reageer, is ‘n vaardigheid waarby elke mens by kan baat vind. Daarom onderrig ons leerders met potensiaal om  landswyd deel te neem aan verskillende kompetisies.