Netbal

Netbal is ‘n spansport wat baie dissipline, konsentrasie en samewerking verg. Laerskool Volschenk se doel is om soveel as moontlik dogters bloot te stel aan die geleentheid om aan ‘n spansport deel te neem. Ons skool se netballeuse is as volg; “Jy kan nie wen tensy jy geleer het hoe om te verloor nie”.

Ons beskik oor twee spanne per ouderdom vanaf 0/7 tot en met  0/13 en oefen twee keer per week. Die 0/7 tot 0/9 spanne geniet mini-netbal terwyl 0/10 tot 0/13 gewone netbal speel. Ons leerders word blootgestel aan toere en geleenhede om teen skole mee te ding in ander provinsies.