Atletiek

By Laerskool Volschenk is die Seeff-byeenkoms elke jaar ‘n hoogtepunt, waar massadeelname aangemoedig word. Ons atlete neem ook deel aan verskeie byeenkomste om te kwalifiseer vir die EDEN-byeenkoms. Laerskool Volschenk ondersteun ook buurskole se byeenkomste, waar atlete weereens teen mekaar kan meeding vir skooltrots.